Met 'n gemiddelde prys van byna R3 000 per kamer is hotelle in die
Russiese hoofstad Moskou volgens 'n studie van die Hogg Robinson-groep
vir die sewende agtereenvolgende jaar as die duurstes ter wêreld aangewys.
Die toernooi is die grootste sportgebeurtenis wat nog in Nieu-Seeland
aangebied is, groter as die Rugbywêreldbeker in 1987, Statebond Spele
in 1990, Krieket Wêreldbeker in 1992, Amerika's Cup in 2003 en die
toer van die Britse en Ierse Leeus na Nieu-Seeland in 2005. Die
organiseerders verwag 95,000 besoekers van oorsee wat na Nieu-Seeland
vir die aangeleentheid sal reis.
Wedstryde het op 9 September 2011 begin en word ook sewe weke
geskeduleer. Die eindstryd sal op Sondag, 23 Oktober 2011 op
Edenparkstadion in Auckland plaasvind. Die dag is gekies omdat dit op
'n lang naweek in Nieu-Seeland val (24 Oktober is hulle werkersdag).
Daar is 'n 10-ure verskil in tyd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika,
gevolglik word alle wedstryde vroeg oggend in Suid-Afrika gebeeldsend.
Die Switserse Nasionale Bank het 'n minimum-wisselkoers van 1,20 SFR
teenoor die Euro vasgestel om die uitwerking van 'n oorgewaardeerde
Switserse frank op uitvoer teen te werk.
Het u geweet...
...dat die plant Welwitschia mirabilis, wat tot 600 jaar oud kan word,
slegs twee blare het? Die blare skeur die hele tyd tydens die plant se
lewe en laat dit lyk asof hy baie blare het.
...dat goudvissies nie so slegte geheue het as wat geglo word nie?
Hulle kan geleer word om deur doolhowe te navigeer en kan na 'n paar
maande hulle eienaars herken.
Die teks is beskikbaar onder die Creative Commons Erkenning-Insgelyks
Deel lisensie. Dit is moontlik dat aanvullende voorwaardes van
toepassing is. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting.
'n Diplomatieke krisis oor die vrylating van 'n voormalige
KGB-offisier en oorlogsmisdadiger, wat vir die dood van 14 mense
tydens die Bloedige Sondag in Vilnius in 1991 verantwoordelik gehou
word, ontstaan tussen Litaue en Oostenryk.
Gebore: Mahatma Gandhi, charismatiese massa-bewegingsleier wat die
saak van Brits-koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring
het.
